SONDAGAAND 06 April, om 18:30 op
SABC 2
Duisende vakante poste, swak instandhouding en begrotings wat net nooit genoeg is nie: baie pasiënte kry swaar in Suid-Afrika se staatshospitale – ons besoek hospitale in 3 provinsies …
‘n Jaarlikse begroting van R12 duisend-miljoen vir die 2007/2008 finansiële jaar – en die ge-desentraliseerde magte van hospitaal-base om self ‘n deel van hierdie begroting te bestuur en uit te gee – dit behoort die Gautengse Departement van Gesondheid in staat te stel om gehalte-gesondheidsorg te bied aan duisende hoofsaaklik onversekerde Suid-Afrikaners.
Maar, hysbakke wat nie werk nie, besnoeiings van teaters en operasies, lang toue, pasiënte wat vir maande moet wag vir operasies, personeel-tekorte en ‘n tekort aan geesdrif onder personeel benadeel dienslewering aan pasiënte van die Johannesburg Hospitaal. Dié hospitaal is ten minste eerlik oor die uitdagings wat hy die hoof moet bied – die Helen Joseph Hospitaal – ook in Johannesburg – het verskeie versoeke van Fokus vir ‘n onderhoud en toegang, geïgnoreer.
Die ernstige tekorte aan mediese personeel in staatshospitale in die Vrystaat, het waarskynlik bygedra het tot die dood van ‘n paar pasiënte. “Betreurenswaardig” noem die provinsie se LUR vir Gesondheid, Sakhiwo Belot, dié verlies aan lewens. Meer as ‘n derde van die nege en ‘n halfduisend poste in staatshospitale in die Vrystaat is vakant.
In Maart het die Sentrum vir Maatskaplike Verantwoordelikheid, die CSA (van die Rhodes Universiteit) sy diepe kommer uitgespreek oor die toestand van openbare gesondheidsdienste in die Oos-Kaap. Die LUR vir Gesondheid, Nomsa Jajula, sluit by ons aan in die ateljee in Port Elizabeth om te gesels oor finansiële wanbestuur en personeeltekorte in die Oos-Kaap
|