Fokus se aanbieder, Freek Robinson is aangewys as beste student van die departement Joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Freek het Dinsdag 27 Maart die graad M.phill verwerf en sommer ook die Burger gehaal! |
Fokus regisseur Karin D’orville se verslag oor die Ubuntu munisipaliteit het die beoordelaars van die ATKV televisipryse gaande gehad. Karin is by ‘n spoggeleentheid bekroon met ‘n ATKVeertjie vir Beste Program in die Aktuele TV genre. Haar verslag, “Unbuntu Ontspoort” is verlede jaar op Fokus uitgesaai en handel oor ‘n plattelandse gemeenskappie wat vasgevang is tussen party-politiekery aan die een kant en swak munisipale dienslewering aan die ander kant. |